Thursday 4 February 2010

'n Goue fonds

Ek sien baie plekke in die Kaap waar ek wil inval, maar ek kry selde die tyd. Net soos elke keer wat ek in Langstraat afry en die pienk blom potte buite Masala Dosa sien. Elke keer dink ek, daar wil ek nog gaan eet.

Toe, uiteindelik na maande, loop ons verby die pienk blompotte en ek sleep my verloofde in saam met my. Wat 'n belewenis!

Skoon dekor: wit met helder aksente teen die muur.

Tong in die kies versierings: was jy jou hande in die pienk badkamer, is daar 'n klein etiket teen die muur met 'n pyltjie na bo en "Holy Cow". Kyk jy op is daar 'n Holy Cow teen die dak wat as beligting dien!





Die kos was smaakvol en pragtig bedien. Elke bord het 'n spesery patroontjie op. En beste van als, ons het uitgeloop met 'n skrale R91 rekening...

Val gerus in by die pienk blompotte in Langstraat, jy sal nie spyt wees nie!

x a
All images via www.masaladosa.co.za

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails