Wednesday 3 June 2009

Blomme

Ek is gek oor blomme. Dit verander enige vertrek, enige geleentheid in iets spesiaal. Hierdie foto is net briljant, ek dink ek is verlief met alles in hierdie foto. Die ou eetkamer tafel, wat al vele kuiers en familie etes beleef het en sekerlik baie stories gehoor het. Die sonlig wat so liefs in die kamer inspoel. En dit wys jou net, jy hoef nie bosse blomme te hĂȘ om 'n indruk te skep nie. Net hier en daar 'n blom in 'n mooi (of net skoon interesant!) houer, en jou hele dag kry sommer 'n glimlag.

toe, gaan pluk 'n blom of steel een van die restaurant se tafel af.
x amanda

No comments:

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails