Tuesday 7 July 2009

Gestop in tyd

Ek het so bietjie lanklaas 'n verskyning gemaak, dinge was maar dol. Ek sal opmaak vir my afwesigheid!

Ek was baie bevoorreg om Marieke Prinsloo te ontmoet. Sy is 'n pragtige mens, met 'n siel wat jou dadelik inneem en laat tuis voel. Sy is borrelend, vriendelik, en gretig om alles met jou te deel. Sy is ook, by the way, een van ons land se mees talentvolle kunstenaars.

Marieka is 'n beeldhouer, en haar werk is asemrowend. Haar beelde van vroue is so eg, so vol emosie, dit voel soos 'n egte persoon wat vasgevang is in daardie oomblik.

Hierdie foto's is van haar 'Prima Vera Dancing Girls', gebaseer op Bottichelli se 'Prima Vera'.
Kyk net die detail op die rok (die kant), die beweging in die rokke, die absolute emosie.

Ek beloof om nog van Marieke se fanstastiese werk in die toekoms te wys.



Kyk die detail op die linkerste rok, lyk kompleet soos 'n sagte kant rokkie







En ek is natuurlik mal oor haar studio muur, kyk net al die sement hartjies en figure. Pragtig.
Tot volgende keer,
x amanda

No comments:

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails